FOTOGRAFIE (AFRIKAANS)

Afdeling - Fotografie

Event Date:

August 30, 2021

Event Location:

Merensky High School

INHANDIGING: Voor of op 6 Augustus 2021 by die skoolkantoor (ontvangs)
UITSTALLING & PRYSUITDELING:
2 September 2021, 18:00
INSKRYWINGSFOOI: R100 per portefeulje
BEOORDELAAR: Derius Erasmus

Hierdie afdeling is slegs vir hoërskoolleerders.

• In hierdie afdeling word ‘n portefeulje van 3 foto’s uit verskillende genres aangebied.
• Deelnemers kan enige DRIE van die volgende genres kies:
– Genre 1: Leefstyl/Portret
– Genre 2: Natuurlewe
– Genre 3: Sport/Beweging
– Genre 4: Landskap
– Genre 5: Stillewe/Produk
– Genre 6: Aand/Nagfotografie
• Foto’s mag slegs met ‘n DSLR-kamera geneem word.
• Swart-en-wit of kleurfoto’s word toegelaat.
• Digitale manipulasie soos “crop”, ”burn”, “dodge”, ”filters” of “treatments” wat beskikbaar is op Photoshop en Instagram of ander sagteware mag gebruik word. Geen ander manupilasie sal  toegelaat word nie. Foto’s mag nie digitaal geskep word deur twee aparte beelde saam te voeg deur middel van sagteware nie. Sagteware mag slegs gebruik word om bestaande foto’s te verbeter.
• Deelnemers wat digitale manupilasie gebruik, moet asseblief die oorspronklike, ongeredigeerde foto aan die agterkant van die inskrywing aanheg.
• Inskrywings moet gedruk word op A4 glans- fotografiepapier (297x210mm).
• Foto’s moet op stewige swart karton gemonteer word. LET WEL: Geen geblokte werk word toegelaat nie.
• Die volgende moet duidelik aangedui word:
– Die deelnemer se naam
– Die maak, model en lens van die kamera.
– Genre en titel van elke foto, bv. GENRE: Leefstyl, TITEL: Inkopies
– Die spesifieke instellings wat op die kamera gebruik is, bv. ‘Manual Mode’, ‘ISO’, “F-STOP’.
• Elke deelnemer ontvang ‘n sertifikaat en beoordelaarsverslag.
• ‘n Wenner, naaswenner , 3de plek en mees belowende fotograaf sal aangekondig word.
• ‘n Uitstalling en prysuitdelingseremonie sal op 2 September 2021, 18:00 in die MDDK-sentrum gehou word.
• Pryswenners sal in kennis gestel word. Foto’s kan daarna verwyder word.

Sorry, Event Expired

Event Location:

By: MDDK/MDDA

  • Merensky High School
  • R36 between Tzaneen and Modjadjiskloof
  • Tzaneen
  • Limpopo
  • South Africa

Event Schedule Details

  • August 30, 2021 15:00 - 22:00
Share This Event
ADD TO YOUR CALENDAR